Covid-19 Corona Virus South African Resource Portal: www.sacoronavirus.co.za

Elsa Winckler

Elsa Winckler

www.elsawinckler.com

Vandat ek kan onthou, voer gesiglose mense elle-lange gesprekke in my kop. Met ons kroos uit die huis, bly ek en my man in die stil kusdorpie Bettysbaai en het ek tyd om die stories in my kop op papier te kry. Klassieke liefdesverhale van Jane Austen, Elizabeth Gaskell, die Brontë susters, George Eliot om ’n paar te noem, inspireer my daagliks. Daar het reeds 20 liefdesverhale by Lapa verskyn, 11 by NB Uitgewers en ook verskeie inspirerende liefdesverhale by Carpe Diem en Lux Verbi. Ek skryf ook in Engels en 5 Engelse liefdesverhale word deur onder andere Harper Impulse en Tule Publishing uitgegee.

In 2018 het Protea Boekhuis my eerste kinderboek, Wanneer is eendag? publiseer en in 2021 verskyn nog een. Daar het ook al nege van my kortverhale in tydskrifte verskyn. Vier van die stories het ’n Veertjie-toekenning ontvang: in 2010 Tussen Jazz en Rock (Lapa), in 2014 vir Te enders, Te anders (NB Uitgewers) en in 2016 vir Liefde in laslap (NB Uitgewers) en in 2019 vir Blameer die skoenlapper.

If you’d like to join the conference but cannot afford the fees, please email us here as we have several initiatives to help those in need of financial assistance.