Covid-19 Corona Virus South African Resource Portal: www.sacoronavirus.co.za

Izak de Vries

Izak de Vries

www.litnet.co.za/author/izak-de-vries/

Met my kameras en my rekenaars werk ek tans vir LAPA Uitgewers en die ATKV. Ek het ’n honneurs in skeppende skryfwerk gedoen en het ’n MA-verhandeling gedoen oor André P Brink se Inteendeel. Op vyftienjarige ouderdom het ek reeds as joernalis my kamera- en woordvaardighede gekombineer om sakgeld te verdien, so ek leer ewe veel by die Universiteit van die Lewe.

Reeds in die “bronstydperk van die internet” (aldus Etienne van Heerden) was ek betrokke by aanlynpublikasies en is steeds ’n bydraer tot LitNet. In my vrye tyd skryf ek en lees so veel as wat ek kan. Ek hardloop graag sonder skoene en behoort aan Celtic Harriers. Ek is ‘n trotse ambassadeur vir die Durbanville Kinderhuis.

Tans is ek ook op die bestuur van PEN Afrikaans en ek dien op die direksie van die Langenhoven Gedenkfonds.

My gesin is belangrik. Wanneer ons kan, laat die stad se liggies agter en gaan laai die batterye in die natuur.

If you’d like to join the conference but cannot afford the fees, please email us here as we have several initiatives to help those in need of financial assistance.